Haatspraaksaak teen Malema begin in Gelykheidshof

Die Gelykheidshof in Kaapstad sal vandag die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se saak teen die EFF-leier Julius Malema aanhoor. Dit handel oor sy terugtrekking van ‘n verskoning vir haatspraakuitlatings. Die kommissie het bevind dele van Malema se toespraak in die Wes-Kaap in Oktober 2022 kom neer op haatspraak en aanhitsing tot geweld, nadat AfriForum ‘n klag ingedien het. Malema hou vol dat sy toespraak uit verband geruk is en dat die kommissie se prosesse onvoldoende was, aangesien hy nooit sy kant van die saak kon stel nie.