Brasilië se Bolsonaro ontken staatsgreep-bewerings

Die voormalige president van Brasilië, Jair Bolsonaro, ontken bewerings dat hy deel was van ʼn staatsgreep-komplot om aan bewind te bly. Die polisie stel ondersoek in of die 64-jarige Bolsonaro ʼn staatsgreep aangehits het nadat hy die 2022-verkiesing verloor het. Hy word ook beskuldig dat hy tydens sy presidentskap onwettig juwele van Saoedi-Arabië ontvang het. Bolsonaro het gister in São Paulo aan tienduisende ondersteuners gesê die bewerings teen hom is polities gemotiveerd. Hy mag weens twee skuldigbevindings aan magsmisbruik nie voor 2030 vir ʼn politieke pos in aanmerking kom nie.