Ramaphosa sê hy sal Geingob se broederliefde met deernis onthou

Suid-Afrika se President Cyril Ramaphosa het in Windhoek gesê hy sal altyd met deernis die broederliefde van ontslape president Hage Geingob onthou. Ramaphosa was een van die 18 staatshoofde en voormalige presidente wat Geingob se begrafnis bygewoon het. Ramaphosa sê hy vind steeds inspirasie in die toewyding waarmee Geingob sy werk gedoen het, sy onbesproke verbintenis tot die welstand van sy mense, en sy strewe na ‘n vreedsame, verenigde en ontwikkelende Afrika. Namibiese president Nangolo Mbumba het gister by Geingob se staatsbegrafnis vir oulaas afskeid geneem.