Selfoon-kuberinbrake neem toe in SA

Die internet-sekerheidsmaatskappy Kaspersky het ‘n waarskuwing uitgereik oor ‘n vlaag selfooninbrake in Suid-Afrika. Verslae dui op ‘n 104-persent toename in bedreigings tussen 2022 en 2023, met Android-toestelle wat veral geteiken word. Die maatskappy sê kwaadwillige sagteware word dikwels vermom as gewilde toepassings soos WhatsApp of Chrome, musiekaflaaipunte of sagteware wat advertensies blokkeer. Kaspersky raai gebruikers aan om sagteware eksklusief af te laai van amptelike sagteware-platforms soos die Apple AppStore, Google Play of Amazon Appstore, om die risiko te verminder.