Ecowas hef Niger-sanksies op

Die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-lande, Ecowas, het die opheffing aangekondig van staatsgreep-verwante sanksies wat ingestel is teen die junta-geleide Niger. Dit is ‘n poging om dialoog aan te moedig en spanning te verlig. Die sanksies het ingesluit ‘n verbod op lugverkeer, grenssluitings en ekonomiese beperkings. Die besluit volg op uitgebreide besprekings onder streeksleiers tydens ‘n buitengewone spitsberaad oor die politieke, vredes- en sekerheidstoestand in die streek. Die president van Ecowas, Omar Touray, verwys na humanitêre oorwegings nadat die sanksies lank gegeld het.