Geingob se staatsbegrafnis by Helde-akker aan die gang

Die staatsbegrafnis van wyle president Hage Geingob vind tans by die Helde-akker buite Windhoek plaas. Dit is die belangrikste gebeurtenis in Namibië se geskiedenis sedert onafhanklikheid in 1990. Dit is ook die eerste keer dat ‘n sittende Namibiese president in sy amp oorlede is. President Nangolo Mbumba het by die roudiens in die Onafhanklikheid-stadion hulde gebring aan die gevalle staatsman.