Natuurlike gasprojek ‘gaan SA energie-dinamiek verander’

Die ontwikkeling van natuurlike gasreserwes in Amersfoort, Mpumalanga, word uitgelig as iets wat waarskynlik Suid-Afrika se energie-landskap ingrypend gaan verander. ‘n Vennootskap tussen Kinetiko Energy en die Nywerheidskorporasie van Suid-Afrika wil die diversifikasie en volhoubaarheid van die land se energie-toekoms verseker. Kinetiko, ‘n Australiese gas-ontginningsmaatskappy, beplan om aanvanklik 50-megawatt op te wek, wat uitgebrei sal word na 500-megawatt, met die gebruik van duisende miljarde liters se gasreserwes. Omgewings-organisasies sê egter natuurlike gas stel steeds kweekhuisgasse vry en kan die land se klimaatsdoelwitte skaad.