Paolini veg terug en wen Dubai Ope-titel

Tennis: Jasmine Paolini van Italië het gister haar eerste WTA 1000-titel verower met ‘n oorwinning in drie stelle teen die Russiese kwalifiseerder Anna Kalinskaya in die eindstryd van die Dubai Ope. Paolini, wat 26ste gekeur was, het die eerste stel verloor maar teruggeveg om met 4-6, 7-5, 7-5 te wen en sal môre die eerste keer onder die top 20 wees. Dit is die 28-jarige se tweede loopbaantitel sedert 2021.