Afvaardiging van Israel gaan na Katar vir gyselaarsamesprekings

Israel se oorlogskabinet het die stuur van onderhandelaars na Katar goedgekeur om samesprekings voort te sit gemik op ‘n skietstaking in die oorlog teen Hamas, en die terugkeer van gyselaars wat in Gaza aangehou word. Die samesprekings het in Parys begin, met onderhandelaars van Amerika, Egipte en Katar. Israel sê dit sal nie noodwendig uitloop op die einde van die oorlog nie en hy sal nie enige Amerika-Saudi-ooreenkoms vir ‘n Palestynse staat aanvaar nie. ‘n Verslaggewer van AFP in Rafah sê daar was verlede nag ten minste ses lugaanvalle op die stad.