Bekendstelling van ANC-manifes ‘sal ‘n sukses wees’

Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, het die vertroue uitgespreek die ANC-manifesbekendstelling sal ‘n sukses wees. Partylede kom by die Moses Mabhida-stadion in Durban byeen terwyl president Cyril Ramaphosa voorberei om die party se manifes in die hoogs-betwisde provinsie uiteen te sit. Duma sê die party is oortuig hy sal die algemene verkiesing wen en ‘n meerderheid in KwaZulu-Natal behaal.