Egipte se ambassadeur in SA vereer Geingob

Die Egiptiese ambassadeur in Suid-Afrika, Ahmed el Fadly, het tydens ‘n gedenkdiens by Unisa die ontslape president Hage Geingob se bydrae as ‘n Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-leier geloof. El Fadly het Geingob geprys vir sy streeksonderhandelings en sy nasiebou-werk in Namibië. Hy noem ook Geingob se voorspraak vir die stryd van die Palestyne teen Israel as ‘n belangrike aspek van sy nalatenskap. Agtien wêreldleiers woon vandag die amptelike gedenkdiens vir Geingob in die Onafhanlikheidstadion in Windhoek by. Hy word môre in die Helde-akker ter ruste gelê.