Toergids wat tragies verdink het se naam nou bekend

Die naam van die toergids wat tragies in ‘n fratsongeluk buite Sandwich-hawe verdrink het, is bekend gemaak. Die oorledene is die 53-jarige Sem Wratten, van Wild Cherries Adventures toermaatskappy in Walvisbaai. Hy het Vrydag-oggend ‘n groep van 6 toeriste na Sandwich-hawe geneem. Wratten was alleen in sy viertrek-voertuig toe die bakkie teen die duine afgerol en in die see beland het. Hy het verdrink en sy liggaam is deur polisie- en ander duikers uit die bakkie gehaal. Sy naasbestaandes in Suid-Afrika is in kennis gestel.