Blitsbokke wen en verloor in Vancouver

Rugby: Die Blitsbokke het hulle toernooi in Vancouver goed afgeskop toe hulle Nieu-Seeland vroeg vanoggend, Namibiese tyd, met 21-12 geklop het. Kaptein Selvyn Davids het die eerste drie gedruk in die span se kragmeting in Groep C, en kort voor rustyd het hy weer oorgeduik. Tristan Leyds het die span se derde drie aangeteken. Die Suid-Afrikaners het egter vasgeval teen Groot Brittanje en 17-12 verloor. Die Suid-Afrikaanse Vrouespan moes ook die knie buig teen Ierland en het 28-7 verloor.