Alkohol-verkope Sondag ten strengste verbied

Namibiërs is in ‘n routydperk hierdie naweek vir wyle president Hage Geingob se roudiens en staatsbegrafnis. In die lig hiervan is die verkoop van alkohol Sondag ten strengste verbied. Die polisiewoordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het ‘n duidelike opdrag uitgereik dat alle drankwinkels gesluit moet bly. Drankwinkels kan vandag bedryf word, maar moet streng voldoen aan die voorwaardes wat in hul dranklisensies bepaal word. Shikwambi vra verder dat die afsetpunte die openbare vakansiedag môre moet respekteer en om middernag sluit.