Verligting oor Waratahs- en Wallabie-senter se nekbesering

Rugby: Die Waratah- en Wallabie-senter Lalakai Foketi, se nekbesering is nie te ernstig nie, maar daar is steeds onsekerheid oor sy rugby-toekoms. Hy is gister beseer tydens ‘n oefening vir die Super Rugby Pacific-seisoen en sal binnekort uit die hospitaal ontslaan word om tuis te herstel. Foketi het nege toetse vir Australië gespeel sedert sy debuut in 2022. Die Waratahs se afrigter, Darren Coleman, sê hulle sal geen kanse neem met Foketi se gesondheid nie. Die span begin vanoggend hul seisoen teen die Reds in Brisbane.