KZN-damme gaan verder oorloop weens swaar reën

Damme in KwaZulu-Natal gaan nog verder oorloop te midde van die voortdurende swaar reën in die provinsie. Volgens uMngeni-uThukela Water het die onlangse stortreën watervlakke aansienlik laat styg, met die Midmar-dam wat 100,38-persent vol is ná ‘n oornag-vloed. Die Albert Falls-dam, wat 100,66-persent vol is, het ook baie reënwater bygekry. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir donderstorms en reën oor die meeste dele van die provinsie regdeur die naweek, wat damvlakke verder sal laat styg.