Droogte-toestande verhoog mens-dier konflikte​

Namibiese boere het in 2023 verliese van ‘n verbysterende amper 14,4 miljoen Namibiese dollar gely. Die Namibiese Landbou-unie sê dit is veroorsaak deur roofdiere, diefstal, droogte-verwante siektes en rampe, asook probleemdiere. Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê in sy ontleding die unie se lede het 1 248 insidente deur die jaar gerapporteer. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteits-navorsingsentrum by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe droogtes mens-wild konflik vererger.

Hauptfleisch sê nuwe kunsmatige intelligensie-toepassings kan veral teen veediefstal gebruik word.