Solidariteit daag Regspraktykraad uit oor Afrikaanse eksamen

Die vakbond Solidariteit sê hy is diep teleurgesteld in die Regspraktykraad aangesien die versoeke om inligting of ‘n vergadering bloot op dowe ore geval het. Die vakbond het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien wat omvattende besonderhede versoek, ná die raad se besluit om Afrikaans as taalmedium in die eksamen uit te faseer. Riaan Visser van Solidariteit sê hulle beoog om die regte van Afrikaanse kandidate te beskerm en grondwetlike beginsels van taalverskeidenheid en toegang tot regte te handhaaf.