Smokkelaars vlug, los nege opblaasbote in Polokwane

Operasie Vala Umgodi het gelei tot die beslaglegging op nege opblaasbote nadat drie vermeende smokkelaars die gereg ontvlug het by Chirumbu in die Vhembe-distrik in Limpopo. Die gesamentlike operasie van wetstoepassingsagentskappe, waarby die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag betrokke is, het Woensdag smokkelbedrywighede langs die Limpoporivier geteiken, insluitend onwettige immigrante en vervalste goedere. Drie verdagtes het te voet gevlug en die bote agtergelaat. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê in ‘n afsonderlike voorval in Nhlaniki buite Giyani, is drie ongedokumenteerde buitelanders in hegtenis geneem vir onwettige mynbou en die oortreding van immigrasiewette.