Britse owerhede lê beslag op meer as 5 ton kokaïen

Britse owerhede het hul grootste vonds ooit gemaak met Klas A-dwelms en beslag gelê op sowat 5 170 kilogram kokaïen ter waarde van meer as tien-miljard Namibiese dollar. Die dwelms is in ‘n houer piesangs van Suid-Amerika by die Southampton-hawe gevind. Die Nasionale Misdaadagentskap glo die besending was vir Duitsland bestem. Hierdie beslaglegging word beskryf as ‘n reuse slag vir internasionale dwelmkartelle, wat na raming jaarliks 76-miljard-dollar uit die Britse kokaïenmark maak en word gekoppel aan ernstige geweld. Die vorige rekord-beslaglegging was ongeveer 3 000 kilogram in 2022, ook by Southampton.