DA-leier soek Cyril se e-posse en WhatsApps

Die DA-leier, John Steenhuisen, het ‘n aanmaningsbrief aan die ANC gestuur waarin hy aandring die party moet gehoor gee aan die Konstitusionele Hof se uitspraak dat kaderontplooiingsrekords terugwerkend tot 2013 vrygestel moet word. Hy beklemtoon die ANC se versuim om president Cyril Ramaphosa se e-posse en WhatsApps in te sluit tydens sy ampstermyn as die komitee se voorsitter. Steenhuisen beklemtoon ook hoe belangrik dit is om die uitwerking van kaderontplooiing op die land bloot te lê.