Gryslys-notering hou geen voordele in

Namibië is deur die Finansiële Aksie Taakmag op die gryslys en onder verhoogde monitering geplaas. Volgens die Taakmag kondig dit aan die globale gemeenskap aan dat daar tekortkominge is in ‘n land se vermoë om geldwassery, die finansiering van terrorisme, en verspreidings-finansiering teë te werk. Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by die Universiteit van Namibië sy reaksie hierop uitgevind.