Herrie bars los op G20-beraad

Die herrie het losgebars by die G20-beraad in Brasilië met daardie land se president, Luiz Inácio Lula da Silva, wat die oorlog in Gaza vergelyk het met die Nazi’s se uitwissing van Jode. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken het dit as lig afgemaak en sê daardie tipe verskille raak nie die belangrike besprekings nie.