Aussies loop deur onder natuurrampe

Natuurrampe kan die Australiese staat Nieu-Suid-Wallis teen 2060 172,5 miljard Namibiese dollar kos as klimaatsverandering en bevolkingsgroei nie bekamp word nie. Dit is die mening van Nieu-Suid-Wallis se Owerheid vir Heropbou. Die staat het die afgelope jare onder oorstromings, hittegolwe en veldbrande deurgeloop en nou sy heel eerste ramp-bekampingsprogram bekend gestel. Die owerheid sê klimaatsverandering vererger die hewigheid en gereeldheid van natuurrampe en toenemende ontwikkeling in die gebied beteken meer mense word daaraan blootgestel.