Meer as 30 000 burgerlikes in Oekraïne dood

Die Verenigde Nasies se Menseregte-hoof, Volker Türk, sê Rusland se volskaalse gewapende aanval op Oekraïne veroorsaak steeds ernstige en wydverspreide menseregteskendings, wat lewens en lewensbestaan vernietig. In sy jongste verslag het die VN se Menseregtemoniteringssending in die Oekraïne 30 457 burgerlike ongevalle sedert Februarie 2022 bevestig. Türk vra dat alle menseregteskendings en oortredings van internasionale wette in Rusland en Oekraïne deeglik en onafhanklik ondersoek word, ten einde aanspreeklikheid en skadevergoeding aan slagoffers verseker.