Sesnasies: Skotland wil môre wen

Skotland se afrigter, Gregor Townsend sê môre se wedstryd teen Engeland is hul belangrikste dié seisoen. Hy het drie veranderings aangebring vir die stryd in die derde ronde van die Sesnasies-kragmeting op Murrayfield. Blair Kinghorn, Kyle Steyn en Jamie Ritchie is terug in die span. Skotland wil Engeland môre vir die eerste keer in 52 jaar vir ‘n vierde agtereenvolgende keer klop. Townsend sê ‘n tuiswedstryd teen hul grootste teenstander is iets spesiaal: