Navalny se ma het haar seun se oorskot gesien maar nog nie ontvang nie

Die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, se ma sê sy het haar seun se liggaam in die lykshuis gesien en sy doodsertifikaat onderteken. Die 47-jarige Navalny is verlede week in die Arktiese gevangene-kolonie dood waar hy tronkstraf van 19 jaar moes uitdien op aanklagte wat baie as polities gemotiveerd beskou. Lyudmila Navalnaya sê in ʼn video-opname Russiese owerhede het haar gedreig om in te stem tot ʼn geheime begrafnis vir haar seun, anders sou hulle iets met sy liggaam doen. Sy het geëis dat hulle sy liggaam aan haar terugbesorg.