Den Haag: Namibië vandag aan die beurt

Namibië sal vandag voorleggings by die Internasionale Geregtigheidshof in Den Haag oor die besetting van Gaza doen. Die regering het onder skoot gekom omdat ‘n Keniaanse professor, Phoebe Okowa, die land by die hof sal verteenwoordig. Volgens die ministerie van justisie is sy gekies as gevolg van haar ervaring met die hof. Namibië sluit aan by 51 ander lande wat betoë lewer oor Israel se besetting van Gaza en Oos-Jerusalem. Vyftien regters hoor die voorleggings aan en sal ‘n nie-bindende opinie in ongeveer ses maande lewer. Die Namibiese regering skaar hom by Palestina.