EFF sê ANC moenie hospitale koop nie

Die EFF in Gauteng sê hy is geskok oor premier Panyaza Lesufi se plan om 18 privaat hospitale te koop vir die Nasionale Gesondheidsversekeringplan. Hulle voer aan dit bewys ‘n gebrek aan begrip van die fundamentele beginsels van die plan. Die party is gekant teen die uitkontraktering van gesondheidsorg aan die privaat sektor. Naledi Chirwa van die EFF maan teen agterdeur-ooreenkomste met gesondheidsorggeriewe wat ineenstort. Sy staan die nasionalisering voor van alle strategiese sektore, wat insluit privaat gesondheidsorg, vir ‘n volhoubare eenvlak-gesondheidsorgstelsel: