Indiese spookasem kan moontlik kanker veroorsaak

Die Indiese ministerie van Gesondheid het ‘n waarskuwing uitgereik oor die gebruik of verkoop van verpakking of voedsel wat die chemikalie Rhodamine-B bevat by openbare geleenthede en sê dit sal strafbaar wees ingevolge die Wet op Voedselsekerheid en Standaarde. Dit volg nadat verskeie state die verkoop van spookasem verbied het weens vrese dit kan kanker veroorsaak. Laboratoriumtoetse het bevestig die lekkergoed bevat spore van Rhodamine-B, ‘n chemikalie wat meestal gebruik word om ink, skoonheidsmiddels en tekstiele te kleur. Dis in Europa en die Verenigde State verbied as voedsel-kleursel.