Aanklaer voer aan Rust se wapenhantering was nalatig

Die openingsverklarings in die rolprent-wapenhanteerder, Hannah Gutierrez-Reed, se verhoor oor die noodlottige skietvoorval op die stel van Rust, is in ʼn Amerikaanse hof aangehoor. Die kinematograaf Halyna Hutchins is dood nadat ʼn vuurwapen wat die akteur Alec Baldwin vasgehou het, in Oktober 2021 op die stel afgegaan het. Gutierrez-Reed het onskuldig gepleit op aanklagte van onwillekeurige manslag en dat sy met bewyse gepeuter het. Die spesiale aanklaer Jason Lewis sê Gutierrez-Reed se optrede was onprofessioneel en nalatig: