Leonard-uraan: Kommentaar sluit vandag

Kommentaar op Uranium One se omgewingsimpakstudie vir toetsmynbedrywighede op die plaas Tripoli buite Leonardville moet vandag op die laatste gelewer word, wanneer die sperdatum verstryk. Sauma, boere in die Omaheke-streek en ander belanghebbendes staan enige uraanontginning deur Uranium One en sy Namibiese filiaal Headspring Investments in die Stampriet-bekken teen. Die belanghebbende en geaffekteerde partye beweer dat die impakstudie en omgewingsbestuursplan opgestel en by die omgewingsake-ministerie ingedien is sonder dat hulle die geleentheid gebied is om kommentaar daarop te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Riaan van Rooyen, Uranium One se woordvoerder, wat sê hulle voel positief dat hulle ‘n omgewings-klaringsertifikaat sal kry, want hul wetenskaplike feite is reg.