Uutoni hof toe oor Otjomuise-huise

Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni sleep die NEFF-aktivis Michael Amushelelo hof toe gesleep om die beplande besetting van huise in Windhoek se Otjomuise-woongebied op 29 Februarie te verbied. Die dringende interdik poog om te verhoed dat Amushelelo en enige ander ‘ongemagtigde’ persone onwettig toegang tot die huise verkry of enige struktuur op die eiendom oprig. Amushelelo wil 362 huise beset maar die stukke voer aan hulle is onvolledig en dienste vir riool, water en elektrisiteit moet nog geïnstalleer word. Amushelelo en sy volgelinge sal die interdik-poging verdedig, in sy woorde, as leke. Hy sê meer as 6 000 mense het geregistreer het om Donderdag in te trek.