Plastiekbesoedeling in ons see wek kommer

Ocean Conservation Namibia is bekommerd oor die gebruik van plastieksakke en die skade wat dit aan seediere aanrig. Gewone plastiek huishoudelike rommel kan dieselfde verwoestende impak hê as visnette en vislyne. Sodra plastieksakke in die see of enige ander plek in die natuur land, kan enige dier die ongelukkige een wees om die gevolge van iemand se onverskillige nalatigheid te dra. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, gesels wat sê as iets nie uit die see gekom het nie, moet dit nie in die see gaan nie.