Plofstof-sindikaat in die Welkom-hof

Vier vermeende lede van ‘n sindikaat wat verdink word van die verskaffing van onwettige plofstof vir misdadige bedrywighede, sal vandag in die landdroshof in Welkom in die Vrystaat verskyn. Hulle is tydens ‘n gesamentlike operasie aangekeer en staan tereg op aanklagte van oortreding van die Wet op Plofstof. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die sindikaat is vermoedelik betrokke by gewapende transito-rooftogte, kitsbank-bomaanvalle en onwettige mynbedrywighede in die Vrystaat, die Oos-Kaap, Noordwes en Gauteng: