FNB-ekonoom sê begroting lyk so…

Die nasionale begroting vir 2024, wat die regering se verwagte inkomste en belangrike nasionale bestedingsprioriteite uiteensit, sal op 28 Februarie in die parlement ter tafel gelê word. Dit is ‘n belangrike begroting aangesien dit voor ‘n verkiesingstydperk kom, en te midde van ‘n voortslepende droogte, trae nie-mynbougroei en ‘n minder ondersteunende globale agtergrond. Dit sal die fyn balansering van openbare finansies vereis. Ruusa Nandago, ekonoom van FNB Namibië, gee haar mening oor wat om te verwag in vanjaar se begroting.