Rafah loop weer deur

Israeliese bombardemente van Rafah in die Gaza-strook het ‘n moskee platgevee en huise vernietig. Gaza-gesondheidsowerhede sê dat 97 mense in die laaste 24 uur van Israeliese aanvalle dood en 130 gewond is, maar die meeste slagoffers is steeds onder puin of in gebiede wat redders nie kan bereik nie. Minstens 20 mense is ook dood in ‘n bomaanval op twee huise in ‘n sentrale deel van die Gaza-strook. Die Hamas-hoof, Ismail Haniyeh, is intussen in Kaïro vir samesprekings oor ‘n wapenstilstand, om ‘n volskaalse aanval op Rafah te probeer afweer.