Stad Kaapstad verwyder haweloses van tennisbaan

Wetstoepassers van die Stad Kaapstad, bygestaan deur die balju van die hof, het 37 hawelose mense verwyder van die Groenpuntse tennisbaan. Dit volg op die finale uitsettingsbevel wat in Desember uitgereik is deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof vir mense om vrywillig teen die einde van verlede maand die perseel te verlaat. Die wyksraadslid Nicola Jowell sê die stad het toe ‘n uitsettingsbevel verkry om die besetters te verwyder. Sy bevestig die mense is Maandag in kennis gestel.