Mbalula beskuldig DA van sielkundige manipulasie oor kaderontplooiing

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, beskuldig, wat hy beskryf as DA-geleide regse magte, van die voer van ‘n ideologiese offensief, met die verwringing en karikatuur-uitbeelding van die ANC se kaderbeleid en -ontplooiingstrategie. Mbalula het die media toegespreek oor hulle gereedheid vir die manifesbekendstelling, en die DA se beweerde oneerlikheid gekritiseer. Hy sê hulle mislei die publiek deur hulleself voor te doen as ‘n party sonder lede-ontplooiing in die staatsdiens. Mbalula sê die DA se sielkundige manipulasie is teenstrydig met die kern van veelparty-demokrasie.