Voormalige Brasiliaanse ster Alves gaan tronk toe

Sokker: ‘n Spaanse hof het die voormalige Bralisiaanse ster Dani Alves tronkstraf van vier-en-‘n-half-jaar opgelê vir die seksuele aanranding van ‘n vrou in ‘n nagklub in Barcelona in 2022. Die 40-jarige Alves, alom beskou as een van die beste agterspelers van alle tye, het ‘n ongelooflike 43 senior titels in sy loopbaan verower. Hy het sy land tussen 2006 en 2022 verteenwoordig in 126 wedstryde, en ook gespeel vir klubs soos Barcelona, Juventus en Paris Saint-Germain. Die hof het Alves ook gelas om die slagoffer meer as drie-miljoen-rand te betaal.