D-dag vir kommentaar op Stampriet-akwifeer uraanbedrywighede

Die sperdatum vir kommentaar op Uranium One se omgewingsimpakstudie vir toetsmynbedrywighede op die plaas Tripoli buite Leonardville, is môre. Sauma en boere in Namibië, Botswana en Suid-Afrika staan enige uraanontginning deur Uranium One en sy Namibiese filiaal Headspring Investments in die Stampriet-bekken teen. Die Stampriet-akwifeer strek tot in Botswana en Suid-Afrika, en inwoners is afhanklik van die water. Kirk Bassingthwaighte, ‘n boer in die Omaheke-streek, deel hul bekommernisse.