Unam het in 8 704 leerlinge in 2023 geregistreer

Die visekanselier van die Universiteit van Namibië, prof Kenneth Matengu, het by die univeriteit se aanvangsseremonie hulle statistieke van verlede jaar bekend gemaak. Daar was ‘n totaal van 8 704 leerlinge wat geregistreer het vir 2023, uit 25 183 aansoeke. Volgens Matengu se toespraak is die universiteit ook een van die vooraanstaandes in Afrika. Die Universiteit het aan die begin van die jaar onder die loep gekom omdat hulle net leerlinge aanvaar wat graad 12 het.