Rusland skeur visvang-ooreenkoms met Brittanje op

Rusland het ‘n visvangooreenkoms wat byna sewe dekades gelede met Brittanje bereik is, opgeskeur nadat die Verenigde Koninkryk sanksies aangekondig het teen ses bestuurders in beheer van die Arktiese gevangenis waar die opposisieleier, Alexei Navalny, verlede week gesterf het. Die Sowjet-leier, Nikita Krushchev, het die ooreenkoms in 1956 onderteken om Britse bote toe te laat om in die Barents-see vis te vang. Moskou sê die Britte het al 68-jaar Russiese vis geëet en moet nou gewig verloor en slimmer word. Brittanje sê die besluit sal geen wesenlike uitwerking op sy visvoorrade hê nie.