Carlos Sainz gaan emosionele afskeid neem van Ferrari

Motorsport: Die Nederlandse renjaer, Max Verstappen, het voortgegaan waar hy verlede seisoen opgehou het, met ‘n oorheersende afskop vir die Formule Een-voorseisoentoetse in Bahrein. Red Bull se driemalige wêreldkampioen was 1,14-sekondes vinniger as Lando Norris van McLaren in die tweede plek, met Carlos Sainz van Ferrari die derde vinnigste. Dit is Sainz se laaste seisoen vir die Scuderia voordat hy deur die Britse renjaer, Lewis Hamilton, vervang word. Die Spanjaard sê dit gaan ‘n emosionele afskeid wees.