K9-eenhede doen uitstekende werk in die Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê hy is bemoedig deur die positiewe impak wat die Mosselbaai, Overstrand en Swartland Honde- en Landelike Veiligheidseenhede nog steeds maak. Verlede week het die eenhede saam met die polisie 43 individue in hegtenis geneem vir verskeie misdade. Allen sê die Mosselbaai Honde-eenheid het ook beslag gelê op heroïen en drank: