MVA bepleit padveiligheid die naweek

Met die begrafnis-verrigtinge van wyle president Hage Geingob wat nader kom, word ‘n aansienlike toename in verkeersvloei na Windhoek uit alle oorde verwag. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds doen ‘n beroep op alle motoriste om by spoedbeperkings te hou, roekelose bestuur te vermy en geduld op die paaie te beoefen, veral in besige verkeer. Voetgangers word ook versoek om waaksaam en versigtig te wees. Die fonds se woordvoerder, Hilaria Graig, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.