Olifant-wesie kry nuwe familie

ʼn Wees-olifantkalfie met die naam Phabeni is by die olifantrehabilitasie- en ontwikkelingsreservaat by Hoedspruit in Limpopo deur ʼn olifant-ma en haar dogter aangeneem. Phabeni, wat in November gered is toe sy net vier maande oud was, het troos en versorging in die aanneem-trop gevind. Die olifant-ma, Setombe, het Phabeni in die familie verwelkom en die kleintjie selfs laat soog. So is ʼn onverwagse band met die nuwe gesin gevorm.