Gesondheid werk hard om malaria aan te spreek

Die gesondheid-ministerie het ‘n groot aantal malariagevalle in die noordelike dele aangeteken en het uitbrekings in 15 distrikte verklaar, waar die epidemiese drempel oorskry is. Vanaf begin Januarie vanjaar is altesaam 2 476 malariagevalle aangemeld. Ongeveer 292 het hospitaal-behandeling vereis, insluitend ernstige gevalle, en daar was 10 sterftes. Die ministerie se skakelbeampte, Walters Kamaya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor watter maatreëls die ministerie tref om die uitbreking te bekamp.