Jongste oor brandstof-diefstal by Namcor

Die diefstal van brandstof met ‘n geraamde waarde van meer as ‘n miljoen Namibiese dollar by die nasionale oliebergingsfasiliteit in Walvisbaai word steeds ondersoek. Namcor se woordvoerder Paulo Coelho het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gepraat en sê die brandstof is korrek gelaai en het die perseel verlaat, maar het nooit by die grootmaat-brandstof kliënt uitgekom nie.