Nog ‘n beroep vir ‘n skietstilstand in Gaza

Die Verenigde Nasies se globale koördineringsforum, die Inter-agentskap Staande Komitee, vra ʼn onmiddellike skietstilstand in Gaza en dat Hamas alle gyselaars dadelik vrylaat. Hamas het op 7 Oktober verlede jaar die suide van Israel ingeval, sowat 1 200 mense vermoor en 253 gyselaar geneem. Israel het gereageer met ʼn militêre veldtog in Gaza waarin meer as 29 000 mense reeds dood is. Die VN-forum sê Israel moet sy regsverpligting onder internasionale humanitêre en menseregtewette nakom en kos en mediese voorraad voorsien.